Demo prototype Demo prototipe  ·  The farms below are placeholders for design review. Real listings will replace them after vetting. Die plase hieronder is plekhouers terwyl ons die ontwerp finaliseer. Werklike plase volg sodra hulle geverifieer is.
Western Cape floods · May 2026 Wes-Kaap vloede · Mei 2026

Help our farms keep going. Hou ons plase aan die lewe. Pay it forward. Rise together. Vandag jy, môre ek.

Storms tore through Robertson, Bonnievale and Ceres. Vineyards are under water, cellars are damaged, and farms need cashflow now — not in six months. Buy a voucher, book a future stay, or pick up wine with a damaged label. The farm gets paid today. You get something real in return.

Storms het Robertson, Bonnievale en Ceres swaar getref. Wingerde lê onder water, kelders is beskadig, en plase het nou kontantvloei nodig — nie eers oor ses maande nie. Koop ’n koopbewys, bespreek ’n verblyf vir later, of koop wyn met ’n beskadigde etiket. Die plaas ontvang vandág die inkomste, en jy kry steeds iets van waarde terug.

Why this works

Hoekom dit werk

Money goes directly from you to the farm. We don’t hold funds, we don’t take a cut. We curate, verify and connect.

Jou geld gaan regstreeks na die plaas. Ons hou geen fondse nie en ons neem geen kommissie nie. Ons keur, verifieer en bring julle bymekaar.

100%
To the farm
Na die plaas
0%
Platform fee
Platformfooi
3
Ways to help
Maniere om te help
Each farm vetted
Elke plaas geverifieer
How it works
Hoe dit werk

Three simple ways to help — value for value.

Drie eenvoudige maniere om te help — en jy kry steeds iets van waarde terug.

1

Imperfect Perfection

Mooi met merke

Buy wine with damaged labels, slightly bruised fruit, or stay at a guesthouse while aesthetic repairs finish. Same quality, lower price, immediate cash.

Koop wyn met beskadigde etikette, effens gekneusde vrugte, of oornag by ’n gastehuis terwyl die laaste herstelwerk afgehandel word. Dieselfde gehalte, laer prys, en onmiddellike kontantvloei vir die plaas.

2

Forward Buying

Koop nou, geniet later

Buy a voucher now — for a tasting, a meal, accommodation, a case of wine — and redeem it any time in the next 18 months.

Koop nóú ’n koopbewys — vir ’n wynproe, ’n ete, ’n verblyf, of ’n kis wyn — en gebruik dit enige tyd binne die volgende 18 maande.

3

Pure Donation

Gee uit die hart

Want to give without taking? Donate directly to a farm. They’ll receive every cent — no platform fee, no middleman.

Wil jy net help, sonder om iets terug te kry? Skenk regstreeks aan ’n plaas. Hulle ontvang elke sent — geen platformfooi, geen tussenganger nie.

The farms
Die plase

Vetted farms in Robertson, Bonnievale & Ceres

Geverifieerde plase in Robertson, Bonnievale en Ceres

Each farm has been personally contacted and verified. Click through to read their story and buy or donate — payment happens on the farm’s own page.

Elke plaas is persoonlik gekontak en geverifieer. Klik om hul storie te lees, te koop, of te skenk — betaling vind plaas op die plaas se eie bladsy.

Demo ✓ Vetted ✓ Geverifieer

Voorbeeld Wynplaas

Robertson · Wine & tastingsWyn & wynproe

The Breede River took out 12 hectares of new vines and flooded the cellar. The wine in tank is fine. The labels on 8 000 bottles are not.

Die Breërivier het 12 hektaar nuwe wingerde weggespoel en die kelder oorstroom. Die wyn in die tenke is veilig. Die etikette op 8 000 bottels ongelukkig nié.

Damaged-label mixed case (6)
Gemengde kis (6) met beskadigde etikette
Same wine, same quality. Collect or courier.
Dieselfde wyn, dieselfde gehalte. Kom haal of laat aflewer per koerier.
R 540
Tasting voucher for 4
Wynproe-koopbewys vir 4
Redeem any time until Nov 2027.
Geldig tot November 2027.
R 320
Demo ✓ Vetted ✓ Geverifieer

Bonnievale Gastehuis

Bonnievale · AccommodationVerblyf

Three of seven cottages are out of action until July. The vineyards are fine. We need bookings for spring and summer to keep staff employed.

Drie van die sewe huisies is buite gebruik tot Julie. Die wingerde is gelukkig veilig. Ons benodig besprekings vir lente en somer om ons personeel aan die werk te hou.

2-night weekend voucher (couple)
Naweekverblyf (2 nagte, paartjie)
15% off normal rate. Redeem Aug 2026 – Aug 2027.
15% afslag op gewone tarief. Geldig Aug 2026 – Aug 2027.
R 2 450
Family stay voucher (4 nights)
Gesinsverblyf (4 nagte)
School holidays accepted.
Skoolvakansies welkom.
R 5 800
Demo ✓ Vetted ✓ Geverifieer

Ceres Vrugteplaas

Ceres · Fruit & juiceVrugte & sap

488 mm in three days. Half the apple harvest is bruised but perfectly edible. The juice press still works. The power is off until June.

488 mm reën in drie dae. Die helfte van ons appels is gekneus maar steeds heeltemal eetbaar. Die sappers werk steeds. Die krag is af tot in Junie.

10 kg bruised-apple box
Doos gekneusde appels (10 kg)
Collect Cape Town & PE drop-points.
Optelpunte in Kaapstad en PE.
R 95
12 × 1L apple juice voucher
Koopbewys vir 12 × 1L appelsap
Delivered Sept onwards.
Aflewering vanaf September.
R 360
Demo ✓ Vetted ✓ Geverifieer

Breërivier Perdeplaas

Robertson · Equestrian & stablesRuitery & stalle

Stables flooded to chest height. All 22 horses safe — they were walked to high ground at 2 am. Feed, tack, and arena footing destroyed. Lessons resume in June.

Die stalle was borsdiep onder water. Al 22 perde is veilig — hulle is om 02:00 na hoër grond geneem. Voer, tuig en die arena se ondergrond is vernietig. Lesse hervat in Junie.

5-lesson voucher
Vyf-lesse koopbewys
For new or returning riders. 12-month validity.
Vir nuwe of terugkerende ruiters. 12 maande geldig.
R 1 850
Sponsor a horse for a month
Borg ’n perd vir ’n maand
Feed + farrier + vet share. Photo updates.
Voer, hoefsmid en ’n deel van die veeartskoste. Foto-opdaterings inkluis.
R 2 400
Demo ✓ Vetted ✓ Geverifieer

McGregor Olyfgaard

McGregor · Olive oilOlyfolie

Two thirds of last season’s bottled oil is fine — labels are not. New press shed needs repairs before the next pressing.

Twee derdes van verlede seisoen se gebottelde olie is in perfekte toestand — die etikette ongelukkig nie. Die perskamer moet herstel word voor die volgende persing.

6 × 500ml damaged-label olive oil
Ses bottels olyfolie (500ml) met beskadigde etikette
Free courier nationally over R 600.
Gratis koerier landwyd op bestellings oor R 600.
R 480
Demo ✓ Vetted ✓ Geverifieer

Robertson Restaurant & Wynkroeg

Robertson · RestaurantRestaurant

Kitchen had 60 cm of water. Stoves, fridges, and stock — gone. Reopening targeted for end June. Staff are on half pay. Vouchers keep them eating.

Die kombuis was 60 cm onder water. Stowe, yskaste en al ons voorraad — weg. Ons heropen einde Junie. Ons personeel werk solank op halwe loon. Koopbewyse hou kos op hul tafels.

Dinner-for-two voucher
Ete-vir-twee koopbewys
3 courses + wine pairing. 18-month validity.
Drie gange met wyn-paring. 18 maande geldig.
R 950
Important. Belangrik. ForwardFund Rise does not process payments and does not hold funds. Each purchase is made directly with the farm, on the farm’s own payment page. Vouchers and refunds are subject to the farm’s terms. ForwardFund Rise verwerk nie betalings nie en hou geen fondse nie. Elke aankoop vind regstreeks tussen jou en die plaas plaas, op die plaas se eie betaalbladsy. Koopbewyse en terugbetalings is onderhewig aan elke plaas se eie voorwaardes.
Trust
Vertroue

How we make sure your money reaches the right place

Hoe ons seker maak jou geld beland op die regte plek

Personally contactedPersoonlik gekontak

Every farm is contacted by phone or in person before listing. We verify business identity, banking details, and damage with photos or local references.

Elke plaas word telefonies of persoonlik gekontak voor ons hulle lys. Ons bevestig die besigheidsbesonderhede, bankinligting, en die skade self — met foto’s of onafhanklike plaaslike verwysings.

You pay the farm, not usJy betaal die plaas, nie ons nie

Money never touches ForwardFund Rise. The Buy or Donate button takes you to the farm’s own payment page (Yoco, PayFast, EFT). No middleman, no hold-ups.

Geld gaan nooit deur ForwardFund Rise nie. Die Koop- of Skenk-knoppie neem jou regstreeks na die plaas se eie betaalbladsy (Yoco, PayFast, of EFT). Geen tussenganger, geen vertragings.

Listings are dated and verifiedLyste is gedateer en geverifieer

Each farm card carries a vetted-on date. If a verification expires we either re-verify or remove the listing.

Elke plaaskaart toon die datum van verifikasie. As die verifikasie verval, herverifieer ons die plaas of verwyder die lys.

Report a concernMeld ‘n bekommernis aan

If something feels wrong about a listing, email hello@forwardfundrise.co.za. We investigate within 24 hours and act publicly.

As iets oor ’n lys nie reg voel nie, stuur ’n e-pos na hello@forwardfundrise.co.za. Ons ondersoek binne 24 uur en kommunikeer openlik oor wat ons vind.

FAQ
Vrae

Common questions

Algemene vrae

Where does my money actually go? Waarheen gaan my geld werklik?

Directly to the farm. ForwardFund Rise does not collect payments. When you click Buy or Donate, you are sent to the farm’s own payment page (Yoco, PayFast, or EFT details).

Regstreeks na die plaas. ForwardFund Rise ontvang nie betalings nie. Wanneer jy ‘Koop’ of ‘Skenk’ klik, word jy na die plaas se eie betaalbladsy gestuur (Yoco, PayFast, of die plaas se EFT-besonderhede).

What if the farm doesn’t reopen and I have a voucher? Wat gebeur as die plaas nie heropen nie en ek het ’n koopbewys?

Be honest with yourself: this is a real risk. Treat forward-buying as part purchase, part support — like a community-supported agriculture share. If a farm closes, the voucher may not be redeemable. We will publicly flag any farm that closes or stops honouring vouchers.

Ons wil eerlik wees: dit is ’n werklike risiko. Sien hierdie soort vooruit-koop as deels aankoop, deels ondersteuning — soos wanneer jy ’n vrugte-aandeel by ’n plaaslike boer koop. As ’n plaas sluit, kan dit gebeur dat die koopbewys nie meer geldig is nie. Ons sal sulke gevalle openlik op die werf aandui.

Is this tax-deductible? Is dit belastingaftrekbaar?

No. This is a commercial purchase between you and a private business, not a donation to a registered Public Benefit Organisation. We do not issue Section 18A certificates.

Nee. Dit is ’n kommersiële transaksie tussen jou en ’n privaat besigheid, nie ’n skenking aan ’n geregistreerde Openbare Voordeel Organisasie (OVO) nie. Ons reik nie Artikel 18A-sertifikate uit nie.

How do you verify farms? Hoe verifieer julle plase?

Phone call or in-person visit. We confirm registered business name, owner identity, banking details match the business, and damage with photos or independent local references. Each listing carries a vetted-on date.

Per telefoon of met ’n persoonlike besoek. Ons bevestig die geregistreerde besigheidsnaam, die eienaar se identiteit, dat die bankbesonderhede ooreenstem met die besigheid, en die skade self — met foto’s of onafhanklike plaaslike verwysings. Elke lys toon die datum van verifikasie.

Are you a registered charity / NPO? Is julle ’n geregistreerde liefdadigheidsorganisasie of NPO?

No. ForwardFund Rise is a facilitation marketplace, not a charity. We connect buyers to farms. We do not hold funds and we are not regulated as a financial services provider.

Nee. ForwardFund Rise is ’n platform wat kopers met plase verbind, nie ’n liefdadigheidsorganisasie nie. Ons hou geen fondse nie, en ons word nie as ’n finansiëledienste-verskaffer gereguleer nie.

I’m a farm. How do I get listed? Ek is ’n plaas. Hoe word ek gelys?

Email onboard@forwardfundrise.co.za with: business name and registration, contact person and ID, banking details, a short description of damage with photos, and the offers you want to list. We aim to verify and list within 48 hours.

Stuur ’n e-pos na onboard@forwardfundrise.co.za met: besigheidsnaam en registrasienommer, kontakpersoon en ID, bankbesonderhede, ’n kort beskrywing van die skade met foto’s, en die aanbiedinge wat jy wil lys. Ons doelwit is om jou binne 48 uur te verifieer en te lys.

Are you a flood-affected farm?

Is jou plaas deur die vloede geraak?

We onboard new farms in 48 hours. No platform fee. You keep 100% of every purchase.

Ons verifieer en lys nuwe plase binne 48 uur. Geen platformfooi nie. Jy hou 100% van elke aankoop.